Aanlyn-Erediens
KompasKids om 08:45
Kom jy nie reg nie?
basiese antwoorde op jou vrae
- Waar kan ek die aanlyn-erediens kry?
Kliek hier:
- Ek kliek op die skakel, maar die erediens is nog nie daar nie?
Die erediens sal eers Sondag vanaf 09:00 beskikbaar wees.
- Hoe maak ek die skerm op Youtube groter?
Kliek op die vierkantraam regs onder op die video. Die video sal dan jou skerm vol maak.
- Kan ek die erediens download?
Jy kan ongelukkig nie die erediens op youtube download nie. Maar jy kan wel die audio op die Oosterlig App download.
- Hoeveel data gaan ek nodig hê?
720p HD - 850mb per uur
480p SD - 500mb per uur
240p SD Lae kwaliteit - 250mb per uur
- Tot wanneer sal die erediens beskikbaar wees?
Die erediens sal vanaf hy beskikbaar is, altyd op youtube wees.
- Is daar Sondag slegs een diens "live"?
Ja, maar jy kan enige tyd vanaf 09:00 die erediens kyk.
- Gaan die erediens op die app beskikbaar wees?
Ja, indien jy nie die erediens op Youtube kan kyk nie, is jy welkom om dit Dinsdag vanaf 09:00 op die app te luister