VOLG ONS

Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie.
Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.

2 Korintiërs 4:16

As senior kry jy by die X-Gratia bediening die geleentheid om ‘n tuiste
tussen jou eie ouderdomsgroep te vind, maandelikse byeenkomste (bybelstudie, gassprekers,
konserte, uitstappies, ensovoorts) mee te maak, by uitreikprojekte betrokke te raak
en ‘n jaarlikse wegbreek te ervaar.

Hou die kalender op die app dop vir opkomende byeenkomste.
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!

X-Gratia 2024 Byeenkomste

Ons hoop ons sien jou by ons X-Gratia-dagbesoek aan The Donkey Dairy
wat Donderdag 30 Mei in Magaliesburg plaasvind.

Kaartjies beloop R50 per persoon en sluit busvervoer, jou toegangsfooi en verversings in.
Indien jy graag by ons wil aansluit vir hierdie spesiale geleentheid, kontak gerus vir:
Albert Kloppers - 082 889 5790
of Lukas Breedt - 082 786 0416

Kontak ons

Het jy enige vrae oor X-Gratia? Ons sal graag van jou wil hoor.
Vul gerus die vorm in vir enige navrae.