VOLG ONS

Wat glo ons...

"What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us." - A.W. Tozer

Kernoortuigings

Hier volg die kernoortuigings van Oosterlig gebaseer op die waarhede wat ons in die Bybel vind.
Al ons boodskappe, kursusse en bedieninge
is gegrond op hierdie Bybelse beginsels.

God

Daar is slegs een God wat vir ewig bestaan uit drie persone: God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees.
Hy is die Skepper van alles wat bestaan,
dit wat jy kan sien en dit wat jy nie kan sien nie,
en daarom is Hy waardig om geprys te word.
Die Here is perfek in liefde, krag, heiligheid, goedheid, wysheid, geregtigheid en genade.
Hy is onveranderlik en daarom dieselfde gister, vandag en môre.

Inkarnasie

God het Homself aan die mensdom deur Sy Seun Jesus Christus openbaar.
Hy is die sigbare persoon van die onsigbare God, die persoon waarna die Heilige Geskrifte
en die skepping verwys.

Mens

Die mens, man en vrou, is geskep in die beeld
van God, vir Sy glorie.

Sondeval

Toe Adam en Eva gekies het om nie God te gehoorsaam nie, het drie verhoudings gebreek:
Die verhouding tussen God en die mens,
die verhouding tussen mens en mens
en die verhouding tussen mens en die natuur.
Ons leef tans steeds binne daardie
gebroke verhoudings.

Versoening

Jesus Christus het gekom om
hierdie drie verhoudings met homself te versoen. Hy het 'n lewe geleef sonder sonde en vrywillig aan die kruis gesterf  vir ons elkeen se gebrokenheid. Hy het na drie dae opgestaan uit die dood en deur Sy genade kan almal wat Hom volg deel hê
aan die ewige lewe.
Daarom kan redding slegs
deur Jesus Christus plaasvind.

Die Kerk

Die kerk is die sigbare liggaam van Christus, gestuur in die wêreld om die goeie nuus van Jesus te versprei en God te verheerlik.

Skepping

God is die Een wat geskep het en steeds skep.
Die mens is aangestel oor die skepping om toe te sien dat God se skepping nie uitgebuit word nie.

Word die beste weergawe van jouself.
Word deel van die avontuur
net soos jy is, word getransformeer en maak 'n verskil.

Wil jy graag meer weet?

Ons sal graag van jou wil hoor. Vul gerus die vorm hieronder in om die proses aan die gang te kry.