VOLG ONS

EN ROUTE BYBELSKOOL

Vandag se gelowiges is ongelukkig gewoond aan die Bybel in kitskosvorm en dit kom ons duur te staan. Ons ervaring is dat almal die Bybel inneem deur ander skrywers se boeke en reeds-verteerde dagstukkies. Die wat wel probeer Bybel lees wend hulleself na geïsoleerde versies sonder inagneming van die konteks. Niemand lees meer die Bybel van voor na agter vir hulleself nie. G’n wonder dat ons kerke vandag so oppervlakkig in ons geloof beleef word nie.

Dis presies wat die doel van En Route is: Om mense se lewens te verbind met die volle, lewende evangelie met al sy nuanse, sodat die verhaal so saamsmelt met ons eie dat dit één verhaal word!

VOLGENDE BYBELSKOOL

TEMA
Die slagveld van jou denke: Paulus se Benadering tot Getransformeerde Gedagtes

DATUM
Woensdae vanaf 22 Mei tot 12 Junie

KOSTE
R100 per persoon

VORIGE BYBELSKOLE

ENIGE VRAE?

Ons hoor graag van jou