VOLG ONS

CONNECT-GROEPE

Oosterlig se connect-groepe word gestig en gedryf
deur gemeentelede uit Oosterlig.

Hierdie groepe bied vir jou verdere geleenthede om binne die gemeenskap te dien en skep ook sosiale spasies vir jou om met mense te connect wat dieselfde belangstellings as jy het, of wat saam met jou kan stap op jou reis
van geestelike groei.

HEKELKLASSE

Leer gratis hekel saam met ander vroue wat die Here met hulle hande wil dien.
Hierdie klasse is vir beginners tot kenners en dit vind by Oosterlig plaas.

Wanneer? 1e Saterdag en/of 3e Saterdag van elke maand
Hoelaat? 09:00 tot 12:00

Kontak vir Analda en kom wees lekker kreatief en ontlaai 'n bietjie stres!

Analda
060 904 3930

OOSTERLIG DRAFGROEP

Die Oosterlig Drafgroep is 'n heerlike sosiale groep wat ten minste 1 x 'n week saam gaan draf en aan reise deelneem om fiks te bly en 'n gevoel van gemeenskap te beleef. Jy kan by die WhatsApp-groep inskakel vir inligting rondom tye en spasies waar die groep bymekaarkom.

Click op die link om in te skakel by ons WhatsApp-groep:
https://chat.whatsapp.com/FaMSsJHyFbOAv9ieoV8WQI

Vroue
bybelstudie

Op Dinsdagoggende van 09:30 – 10:30 kom vroue bymekaar vir ‘n interaktiewe gesprek oor die Woord van God; om kennis en insig te verbreed en om saam stil te word.

Stellavan Rooyen
stelvr67@gmail.com