VOLG ONS

Liewe Doopouers

Die doop vind tydens die oggenddiens (om 9:00) plaas.
Hierdie diens word live op ons YouTube-kanaal uitgesaai. 

Daarom is die volgende inligting belangrik en vra ons dat julle asseblief die onderstaande vorm volledig invul:
 
  1. Daar word van alle doopouers verwag om slegs een keer ʼn Oosterlig-doopkursus, wat drie keer per jaar aangebied word, by te woon. Die kursus strek oor drie opeenvolgende Dinsdagaande om 19:00 – 20:30.  Hierdie kursus word op Oosterlig se kampus aangebied.
  2. Kies 'n doopdatum op die vorm
  3. Afgesien van die doopkursus, moet julle asseblief ‘n afspraak reël met die leraar wat die doop gaan bedien. Hierdie kuiergeleentheid moet asseblief minstens ses weke voor die doopgeleentheid gereël word.
  4. Onthou om die vorm tot aan die einde in te vul en te stuur
  5. Voorsien ons asseblief met ʼn foto van jul kleinding (jpeg-formaat 100 pixels of groter). Hierdie foto word tydens die Doopdiens op die grootskerm vertoon.  Stuur die foto minstens 2 weke voor die beplande doopdatum aan ursula@oosterlig.co.za. Indien u enige verdere navrae het kontak gerus vir Annatjie Nieuwoudt by ursula@oosterlig.co.za

KOSTES VERBONDE AAN DIE
DOOPKURSUS

  • R850 per egpaar (sluit etes en kursusmateriaal in).
  • Bankbesonderhede vir betaling van doopkursus: 
Oosterlig ABSA 
Tjekrekeningnommer 540 590 400
Tak 632005 
Verwysing: Van & DOOPKURSUS

Doopaansoek

Ons wil graag van jou hoor. Vul die vorm in om die proses aan die gang te kry.