VOLG ONS

 Lockdown Wyshede, Ouerskap en ander videos

10 Geestelike Riglyne vir Covid-19

Riglyn 1

Primêre vraag:  Hoe bring ons hoop en bevorder ons die Koninkryk van God in hierdie tyd? Die eerste vraag is dus nie hoe ek myself kan gemaklik maak of beveilig nie, maar hoe toon ek Jesus aan die wêreld. Kom ons behou dus die regte fokus.

Riglyn 2

Moenie panic nie!  Vrees is vernietigend in krisistye aangesien dit ons idee en prentjie van realiteit- sowel as ‘n spesifieke situasie heeltemal kan skeeftrek! Besluite moet nooit vanuit vrees geneem word nie. Die Message vertaling van Psalm 27 sê: When besieged I’m as calm as a baby: when all hell breaks loose I’m collected and cool. Mag ons in hierdie tyd die redelikheid vir die samelewing voorsien.

Riglyn 3

Moenie in ontkenning leef nie: Werk liewer voorkomend saam. Ons besef dat baie mense dink hierdie ding word geheel en buite verband geruk. Dit mag so wees, of dalk nie. Wie weet? Wat ons egter nie kan doen nie is om elkeen in sy/haar eie rigting te trek want dan saai ons slegs verdere chaos en onenigheid. Ons hoef nie saam te stem nie, maar ons moet saam werk. Kom ons ondersteun eerder die leiers van die land.

Riglyn 4

 Wees geduldig met almal, veral met die regering. Mense is tans baie onseker en onseker mense doen soms snaakse goed. Dis egter alles ‘n manier waarop mense die saak probeer verwerk.

Riglyn 5

Moenie jouself begewe in ‘n paniekbevange opkopery nie. Ons as Jesus-volgelinge kan nie maar net op ‘n stockpiling spree gaan soos die ander nie. Tye soos hierdie toets hoe opreg ons in ons geloof is. Vertrou die Here. Wees bereid om ongemak te beleef en op te offer. Los genoeg vir ander.

Riglyn 6

  Wees kreatief met oplossings: Maak ander planne met water eerder as om alles in die winkels op te koop. Kry dalk eerder ‘n goeie water filter. Of kry ander maniere om byvoorbeeld toiletpapier mee te vervang of probeer jou eie hand sanitizers maak. Dis nie ingewikkeld nie.

Riglyn 7

Ons fokus moet wees op die kwesbares en slagoffers in hierdie tyd, oueres en siekes en mense met kwale wat maklik besmet kan word. Indien daar sommige van julle is wat sukkel om julle inkopies gedoen te kry, vanweë julle eie isolasie of dergelike omstandighede, skakel asseblief die kerkkantoor dat ons jou inkopies vir jou kan doen.  Wees uitermate compassionate. Dis in tye soos hierdie wat die historiese kerk sy grootste impak gemaak het. Moeilikheid is immers die kerk se besigheid!

Riglyn 8

 Intussen – totdat alles weer na normaal terugkeer – wees verantwoordelik: was jou hande gereeld en deeglik, wanneer jy simptome beleef isoleer jouself, konsidereer ander.

Riglyn 9

Onthou die belangrikheid van vreugde en sang! Laat die vreugdevolle wysies van die evangelie op ons lippe bly! Lees gerus Filippense 4:4-9, Handelinge 16: 16-27.

Riglyn 10

Bid nuut: Laat ons nie toelaat dat Corona ‘n struikelblok word nie, maar eerder ‘n geleentheid. Kom ons fokus ons gebede op genesing, wysheid en onselfsugtigheid. Bid ook dat mense wat nie in God glo nie, se harte oopgaan vir die waarheid, goedheid en skoonheid van die Goeie Nuus van Jesus.

Kort jy hulp rakende Covid-19

Vul die vorm hieronder in: