VOLG ONS

Stasies van die kruis - Donderdag

2 April om 17:30 (in-persoon)

GOEIE VRYDAG

3 April om 08:00 (in-persoon & aanlyn)

3 April om 10:00 (in-persoon & aanlyn)

PAASSONDAG OPPIEKOPPIE

5 April om 06:00
(Hedianga Farm) 

PAASSONDAG Erediens

5 April om 09:00 (in-persoon & aanlyn)
GEEN AANDDIENS

BELEEF DIE STASIES VAN DIE KRUIS SAAM AS ‘N GESIN

Die Gesinsbediening (KompasKids en Lighuis) hou op Donderdag 2 April ‘n belewenis van sommige van die Kruisstasies as deel van ons Paasfeesreis.

Datum: 2 April
Tyd: 17:30
Plek: Communitas

Kom beleef die pad van Christus na die kruis op ‘n manier wat jou sintuie betrek en jou hart raak. Hierdie ervaring neem julle stap-vir-stap deur die laaste week van Jesus se lewe – ‘n geleentheid om as familie te bid, te reflekteer en die impak van Sy offer op ‘n diep, tasbare manier te ervaar.

Elke stasie bring ‘n nuwe element van Jesus se reis na vore – om te sien, te hoor, te voel wat Hy beleef het.

Maak hierdie Paasfees ‘n tyd van geloofsgroei en gesinsherinneringe.

Registreer asseblief sodat ons kan weet vir hoeveel mense ons moet voorberei.