VOLG ONS

Tembisa Kersprojek

skenk 'N SPEELDING

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Kersprojek saam met Tembisa se Tabernacle (Church of God in Christ)!
👉 Ons gaan hierdie jaar weer speelgoed insamel vir Tabernacle se kinders.
👉 Kersdag kom kuier meer as 1000 kinders uit die gemeenskap by Tabernacle Church of God in Christ te Ivory Park (Tembisa) ('n Maak 'n Verskil vennoot-organisasie).
👉 Oosterlig beplan weer om, in samewerking met Tabernacle, kersgeskenke vir die kinders in te samel om Kersfees 2025 baie spesiaal te maak.
👉 Koop 'n nie-breekbare en nie-bederfbare speelding.
👉 Kies tussen 'n seun- of dogter en ook tussen ouderdomme 2-5, 6-11 en 11-14.
👉 Jou geskenk kan 'n waarde van tussen R100-R300 hê.
👉 Die kersgeskenke kan tot en met 14 Desember voor of na ’n erediens by die toonbank, of deur die week by Ontvangs  afgelewer word.
👉 Kom deel in die verskil wat ons in hierdie Kersseisoen in hierdie kinders se lewens maak!